Skip to content

Mister Angelo Alzheimer (Paperback)

by Jef Geeraets, Fanie Olivier
ISBN: 9781776172221
Product in Stock: Yes
Original price R 250.00 - Original price R 250.00
Original price R 250.00
R 250.00
R 250.00 - R 250.00
Current price R 250.00
Add to Wishlist
Jef Geeraerts (1930-2015] is in Antwerpen gebore en is een van die belangrikste Vlaamse skrywers uit die tweede helfte van die vorige eeu. Hy het as romanskrywer, vertaler en essayis ʼn beduidende bydrae gelewer en het met sy dood ʼn omvangryke oeuvre nagelaat, wat sowel literêre as populêre romans ingesluit het.

Sy belangrike bekroonde vroeë werk, wat veral spruit uit sy dienstydperk in die destydse Belgiese-Kongo [vandag die DRK] deurgebring, word hoog aangeslaan as as gevolg van die literêre verskuiwings daarin. Die eksplisiete seksuele beskrywings daarin is in die konserwatiewe Vlaamse gemeenskap as pornografie bestempel. Met die verandering rondom sienings oor kolonialisme, word sy Gangreen-vierluik mettertyd minder aanvaarbaar en is hy selfs by tye as rassis gebrandmerk.

Hy begin in die 1980’s misdaadromans of krimi’s skryf, bemeester gou ʼn totaal ander skryfstyl, en behaal groot sukses. De zaak Alzheimer, waarvan Mister Angelo Alzheimer die vertaling is, is een van ʼn lang reeks krimi’s waardeur die polisie-duo Vincke en Verstuyft volksbesit geword het, soos wat in Afrikaans bv. die geval is met Deon Meyer se Bennie Griesel. Uit hierdie reeks is De zaak Alzheimer, asook Dossier K, verfilm en het lokettreffers geword, terwyl Diamant tot ʼn gewilde TV-reeks verwerk is.

x