Skip to content

My Naam is Legio (Paperback)

by Madelein Rust
ISBN: 9780637000079
Product in Stock: Yes
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
R 300.00
R 300.00 - R 300.00
Current price R 300.00
Add to Wishlist
Gaan Renata antwoorde vind voordat dit te laat is?

Malan & Coetsee Privaat Ondersoeke se hulp word ingeroep om die moordenaar te vind van ’n afskuwelik geskende lyk. Dit neem doktor Renata Malan, ’n forensiese sielkundige, en haar vennoot en vertroueling, Stefan Coetsee, nie lank om vas te stel ’n reeksmoordenaar het toegeslaan nie. Vir hierdie moordenaar gaan dit egter meer oor die voorafgaande marteling as die slagoff ers se dood.

Dat hulle sterf, is trouens ’n “ongeluk” en die afgryslike martelmetodes stem ooreen met Middeleeuse tegnieke om demone uit te dryf.

Renata worstel ook steeds met die private demone wat haar lewenslank agtervolg: Waar is haar pa wat moord gepleeg het en steeds voortvlugtig is?

Het sy die moordgeen by hom geërf?

In die lig daarvan, durf sy toegee aan haar liefde vir Stefan? In hierdie vyfde roman in die Malan & Coetsee-reeks vind sy uiteindelik antwoorde, hoewel party daarvan met byna onverteerbare pyn gepaardgaan. Sy word van ’n donker las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

x