Skip to content

Spieëltjie, spieëltjie

by Jan Vermeulen
ISBN: 9780639607689
Product in Stock: Yes
Save 30% Save 30%
Original price R 290.00
Original price R 290.00 - Original price R 290.00
Original price R 290.00
Current price R 203.00
R 203.00 - R 203.00
Current price R 203.00
Add to Wishlist
Doktor Olaf Demeyer moes lankal aftree as forensiese profileerder van die SAPD.

Maar dan kom vra Lucida Winterbach sy hulp. Sy glo ’n moordenaar teiken studente van haar Elegant Queens Academy, ’n skool vir skoonheid en modelwerk. Al die meisies is minderjarig, met blinkoogdrome van skoonheidstitels en modelkontrakte. Tot van hulle naak op die bodems van swembaddens in die omgewing gevind word.

Olaf se lewenslange beskermingsdrang teenoor die weerloses motiveer hom om gehoor te gee aan haar versoek.

Gou besef hy egter dat dit hier gaan oor soveel meer as die feite en bewyse wat ’n mens kan sien en hoor. Uiteindelik weet hy: Ons sal altyd alles slegs ten dele ken, en ons moet ’n manier vind om elke dag saam met dié wete te leef. Vir Olaf is dit daardie wete wat dreig om hom na jare in die bedryf van sy kop af te dryf.

x