Skip to content

Vlug (Paperback)

by Wilna Adriaanse
ISBN: 9780624092605
Product in Stock: Yes
Original price R 340.00 - Original price R 340.00
Original price R 340.00
R 340.00
R 340.00 - R 340.00
Current price R 340.00
Add to Wishlist
Milla Roux is ’n veearts wat werk by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Sy het as ’t ware “gevlug” daarheen nadat haar man en seuntjie in SuidAfrika rég langs haar doodgeskiet is tydens ’n mislukte motorkaping. Sy stort hart en siel in haar werk en probeer ’n werklike verskil maak jeens die voortbestaan van ’n spesie waarvan die getalle besig is om só drasties te krimp . . .

Maar spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelleorganisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpanseewesies slaan ’n gewonde Milla wéér op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense, wat na die DRK gekom het om van sy éie problematiese verlede te probeer ontsnap . . .

Vlug is ’n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudinge waarvoor Wilna Adriaanse so bekend is.

x