Skip to content

Dolos (Paperback)

by Jaco Wolmarans
ISBN: 9780624094203
Product in Stock: Yes
Original price R 330.00 - Original price R 330.00
Original price R 330.00
R 330.00
R 330.00 - R 330.00
Current price R 330.00
Add to Wishlist
Voormalige spesmagte-operateur Tex Texeira se wittebrood in die Caprivi word wreed onderbreek.

’n Agent van ’n geheime Mosambiekse ondersoekeenheid het die gevreesde Mecau-dwelmkartel geïnfiltreer en sulke sensitiewe inligting ontdek dat hy niemand behalwe Tex daarmee kan vertrou nie.

Die rede: Dit betrek ’n hooggeplaaste Suid-Afrikaner.

Dis ’n eenvoudige ekstraksie, met die rugsteun van die Amerikaanse DEA. Mits Tex die aandag van die Islamitiese ekstremiste Al- Shabab in Cabo Delgado kan vermy. Of uit ’n sluipskutter se kruisdraad kan bly – een wat die Mecau-kartel se luitenante om onbekende redes meedoënloos uitroei.

Niks is meer eenvoudig in Tex Texeira se lewe nie. Daarom staal hy hom vir ’n week waarin hy vermoed sy oorlewingsvermoë tot die uiterste beproef gaan word. En soos gewoonlik is sy voorgevoel in die kol . . .

x