Skip to content

Donker Bloeisel (Paperback)

by Jacques Le Roux
ISBN: 9781928426455
Product in Stock: Yes
Original price R 200.00 - Original price R 200.00
Original price R 200.00
R 200.00
R 200.00 - R 200.00
Current price R 200.00
Add to Wishlist
Ben se ma sterf toe sy hom as jong seun seun uit 'n vuur red. Dit leit tot verdere spanning in sy reeds moeilike verhouding met sy pa. Ben se broer, die windmakerige Andries, word sy pa se gunsteling. Andries pleeg later op 'n bisarre wyse selfmoord tydens 'n veldslag in die Anglo-Boereoorog. In 'n poging om sy broer te red word Ben gewond, en deur die Britte gevange geneem.

Ben ontmoet die pragtige verpleegsuster, Kate, in die hospitaal op Deelfontein. Hy raak verlief op haar, maar Kate het egter 'n donker geheim: morfienverslawing. Na vele probleme en omswerwinge, vind Ben onder valse voorwendsels verblyf in Montagu waar hy vir Kate wag. Hier ontmoet hy vir Helen, wie se man 'n Kaapse rebel was en wat ook na St. Helena verban was. Hy begin 'n vriendskap met Helen en gou is daar verwikkelinge.

Intussen probeer Ben en sy pa elk op sy eie manier ook om hul verhouding te red en leer baie lewenslesse in die proses. Hierdie verhaal spreek tema's van swaarkry en verlies aan, maar ook van hoop en die krag van liefde.

x