Skip to content

Klaskamer

by Wordsworth Books
ISBN: 9780799397277
Product in Stock: Yes
Save 30% Save 30%
Original price R 300.00
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
Current price R 210.00
R 210.00 - R 210.00
Current price R 210.00
Add to Wishlist
Waar die juffer toe gedissiplineer moet word Vita du Preez was nog nooit skaam om haar heldinne in die bed te druk met ’n mooi man nie. Dink maar aan die openingstoneel van Solitaire waar Donna langs die bloedjong surfer wakker word! In Klaskamer haal Vita die sweep uit, klits die boeie om sekere mense se polse en gee aan dissipline ’n totaal ander betekenis. Emma Louw kry die geleentheid om as kinderoppasser op 'n Karooplaas te gaan werk vir Daniel Swart. Sy is pas uit ’n langtermynverhouding en is lus vir ’n nuwe uitdaging. Sy raak gou lief vir die seuntjie, en is ook nie onaangeraak deur Daniel se teenwoordigheid nie. Alles maak egter nie vir haar sin nie. Steek sy dalk haar kop in 'n byekorf? Hoekom is Daniel so geheimsinnig oor sy verlede en oor die letsel op sy bors? Waar pas die impulsiewe Sally, Daniel se eksvrou in die prentjie? Dan praat ons nie eers oor Irma Rothman nie. Sy is immers Daniel se destydse onderwyseres op skool .. Op 'n dag, kom Emma op 'n geheime kamer af. Dinge oor die geheimsinnige Daniel begin vir Emma duideliker word. Sal sy die binnekant van die klaskamer aandurf? Indien wel, sal sy lewendig anderkant uitkom? Vita du Preez skryf skaamteloos oor die liefde. Sy hou van heldinne wat hulle seksualiteit uitleef. Hierdie boek is egter stomender as ooit te vore.

x