Skip to content

Rietspruit

by Johann Lodewyk Marais
ISBN: 9781067234690
Product in Stock: Yes
Original price R 275.00 - Original price R 275.00
Original price
R 275.00
R 275.00 - R 275.00
Current price R 275.00
Add to Wishlist

Rietspruit is Afrikaans se voorste ekodigter se 15de digbundel.
In Rietspruit verbind Marais landskap vernuftig aan jeugherinneringe, familieverhoudings en die sosiale milieu van ‘n plattelandse plaasgemeenskap. Hiervan getuig die duidelike verbande tussen emosionele impulse en landskap wat veral in gedigte oor die vader-seun-verhouding (as deel van wyer familieverwantskappe) duidelik blyk. In sommige landskapsverse is dit juis tasbaar sensuele (selfs erotiese) ervarings wat domineer:
Jong vrou
Ek kom naby jou, naby jou liggaam
op die spruit se oewer, naby die brug;
om my oor die gladde klippe te help,
steek ek instinktief my hand uit na jou
en ontdek hoe sinnelik ruik ’n vrou.

Volgens prof. Alwyn Roux van Unisa is die leitmotief van die bundel die spreker se herinneringe aan hengel, wat ’n sentrale rol in die huishouding vertolk. Visvang het ook ’n belangrike band tussen die vader en seun bewerkstellig. Die mees intieme gedigte van die bundel is dié waar die verhouding tussen pa en seun vooropstaan. Ook is daar etlike voorbeelde wat die handel en wandel te midde van familieverhoudings uitbeeld. Tyd word dikwels vasgevang in die dinge self, soos in die beskrywing van die maak van aas. Plek word ook baie spesifi ek uitgebeeld, terwyl iets universeel daaruit voortvloei.
Rietspruit is ’n digterlike herbesoek aan kinderdae met ’n herbeklemtoning van die belangrikheid van die natuur en word as sodanig ’n huldeblyk aan die verweefdheid van ons wêreld.

x

x