Skip to content

Hulle Noem Haar Carminda (Paperback)

by E. Kotze
ISBN: 9780795710506
Product in Stock: Yes
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
R 300.00
R 300.00 - R 300.00
Current price R 300.00
Add to Wishlist
Skipper Mias Mulder keer inderhaas uit Walvisbaai terug na Ei-Land aan die Weskus toe hy hoor dat ’n ander man by sy verloofde, Emmeline, kuier. Hy leen ’n motorfiets en pak die lang rit na sy tuisdorp toe aan. Op pad kom hy ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy ry agterop die motorfiets saam en klou styf aan hom vas. Eers geleidelik word haar hartseer herkoms bekend. Hulle ontmoet as twee mense wat albei ’n knou deur die lewe toegedien is.

Hulle noem haar Carminda begin in die vyftigerjare en vertel die verhaal van ’n dekades lange liefdesverhouding se hoogtes en laagtes. Die liefde kan byna alles bedek, maar spoke uit die verlede bly soms kop uitsteek en pla. Dit is ook die verhaal van ’n vrou se ontdekking van haar eie krag en kreatiwiteit.

’n Nuwe Sandveldstorie uit die bedrewe skrywershand van E Kotzé, aangebied met soveel outentieke mensekennis en in die allermooiste taal.

x