Skip to content

Konkel (Paperback)

by Pieter Marais
ISBN: 9781485314479
Product in Stock: Yes
Original price R 275.00 - Original price R 275.00
Original price R 275.00
R 275.00
R 275.00 - R 275.00
Current price R 275.00
Add to Wishlist
Maat Niekerk is bedryfsielkundige en gewese staandemaglid. Hy is geskei en 'n geswore alleenloper. Hy het voorheen gekonkel vir groot maatskappye en die kapitalistiese bestel. Hy het 'n ommeswaai gemaak en is nou 'n groene - 'n lid van die geheime organisasie NEST (New Earth Settlement Territories), wat bekommerd is oor die vernietiging van hulpbronne, virusse en ekstreme weerstoestande. Dié organisasie het 'n duisend plekke op aarde geïdentifiseer wat geskik sou wees vir oorlewing ná 'n ramp. Die dorpie Joegaai, aan 'n rivier en die see, is een van daardie plekke. Maat verhuis daarheen om aanvoorwerk te doen.

Daar is nog 'n inkommer op die dorp: die geheimsinnige Hannes Lubbe - 'n alias. Sy geheime bynaam is Assegaai omdat hy al wat lem is so flink kan gooi. Hy is 'n moordmasjien. Hy was in die weermag en daarna sluipmoordenaar vir allerlei geheime organisasies. Hy het opdrag ontvang om Maat te elimineer - hy werk vir Groot Kapitaal wat NEST en die groenes wil ondermyn. Hy woon in 'n karavaan op die strand. Die dorpie is vol kleurvolle karakters met geheime agendas. Dis 'n soort eietydse Koöperasiestories - uiters onderhoudend, dikwels skreeusnaaks en boonop spannend.

x