Skip to content

'n Bekkersdal-Marathon: En Ander Voorkamerstories (Paperback)

by Herman Charles Bosman
ISBN: 9781920608002
Product in Stock: Yes
Original price R 194.90 - Original price R 194.90
Original price R 194.90
R 194.90
R 194.90 - R 194.90
Current price R 194.90
Add to Wishlist
Jurie Steyn het 'n probleem. Nie net moet hy 'n bestaan probeer voer uit boerdery in die Marico nie, maar boonop dien sy voorkamer as die Drogevlei-poskantoor – en Jurie as die posmeester. "Tussen posorders en bloutong weet ek nie watter werk die ergste is nie. Ek moet wa-ghries op my muilkar smeer en seelwas op die possak sit. Partykeer raak ek deurmekaar. Eendag gaan ek nog 'n inkomsteseel op my hotkantmuil plak en die Bekkersdal-possak met 'n halfmaan en 'n streep brandmerk. Dan sal daar moeilikheid wees," se Jurie. "Met my hotmuil, bedoel ek." Elke week kom die halfdowe Oupa Bekker, At Naude (wat 'n draadloos besit), buurman Gysbert van Tonder, die berese Johnny Coen, wat eens op 'n tyd 'n railway shunter op Ottoshoop was, en ander kleurryke karakters in Jurie Steyn se voorkamer bymekaar om te wag vir die Goewermentlorrie van Bekkersdal, wat hul pos en melkkanne moet bring. Sake van die dag word druk bespreek, en die gesprekke waartoe dit lei, is gewoonlik skreeusnaaks. Herman Charles Bosman het in die laaste 18 maande van sy lewe sowat 80 stories vir die reeks In the Voorkamer in die nuusblad The Forum geskryf. Bosman het dit self bestempel as die beste werk wat hy ooit gelewer het. 'n Bekkersdal-marathon en ander voorkamerstories volg op die sukses van In die withaak se skadu, die eerste Afrikaanse versameling Oom Schalk Lourens-stories.

x