Skip to content

Nou in Infrarooi (Paperback)

by Tom Dreyer
ISBN: 9780795710728
Product in Stock: Yes
Original price R 235.00 - Original price R 235.00
Original price R 235.00
R 235.00
R 235.00 - R 235.00
Current price R 235.00
Add to Wishlist
Fisika, die metafisiese, en soms selfs wetenskapfiksie word onder meer verweef in die bekroonde skrywer Tom Dreyer se debuutbundel, Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie.

Die gedigte begin in die konkrete. Met fyn waarneming word bestaande plekke – sommige naby en ander ver – taktiel uitgebeeld. Dit is veral waar in die vele reisgedigte en natuurgedigte.

Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, en van die mens se nietigheid binne die onmeetbare ruimtelike bestel. Ook verlange, weemoed en liefde word in hierdie bundel verken. Die eerlike, ontroerende liefdesgedigte, ontdaan aan sentiment, tel onder die bundel se vele hoogtepunte.

Dit is ’n poëtika gekenmerk deur die evokatiewe gebruik van klank, en die keuse van die presiese resonante woord. ’n Bundel waarmee Dreyer hom onomwonde as digter vestig.

x