Skip to content

Die Laaste Kanariegeel Notaboek (Paperback)

by Anchien Troskie
ISBN: 9780798183703
Product in Stock: Yes
Original price R 340.00 - Original price R 340.00
Original price R 340.00
R 340.00
R 340.00 - R 340.00
Current price R 340.00
Add to Wishlist
Mia Steyn is nog bloedjonk wanneer haar broer haar een laatmiddag by die Pienk Paleis, ’n losieshuis in Bloemfontein, aflaai. Noudat beide haar ouers oorlede is, en haar broer en sy vrou die boerdery op Blesbokfontein oorneem, is dit beter dat sy haar eie potjie in die stad begin krap.

Dis toe sy ’n stowwerige, propvol boekwinkel instap dat Mia besef dis hier waar sy wil werk, nie as tikster in ’n prokureursfirma nie. Sy word deur die Van Geets as boekwinkelassistent aangestel en kort voor lank vind sy haar voete, én verloor sy haar hart – op die beroemde skrywer Louis Feldtsmann.

Die laaste kanariegeel notaboek is die jongste roman uit die pen van blitsverkoperskrywer Anchien Troskie. Niks is ooit soos dit lyk op die oppervlak nie, besef ’n mens weer met die lees van hierdie verhaal. ’n Hoogs meesleurende roman oor die geheime tussen ’n ma en haar twee dogters, ’n man en sy vrou.

x