Skip to content

Droomboom

by Marie Spruyt
ISBN: 9781776351718
Product in Stock: Yes
Save 30% Save 30%
Original price R 270.00
Original price R 270.00 - Original price R 270.00
Original price R 270.00
Current price R 189.00
R 189.00 - R 189.00
Current price R 189.00
Add to Wishlist
Soms is huis aan die ander kant van die wêreld... Wanneer sy skrywersverblyf in Killaloe, 'n klein Ierse dorpie, aangebied word, gryp professor Mariaan de Jongh die geleentheid aan. Só kan sy Suid-Afrika en die trauma van die studenteopstande agterlaat. Sy kan fokus op haar vertaling van die tesis oor Afrikamites en -legendes en vergeet van die geweld en haar kollega se dood. Ierland, met sy magiese landskap, legendes en kleindorpse rustigheid, oorrompel haar. Sy maak nuwe vriende en begin selfs 'n tentatiewe verhouding met Declan. Wanneer sy egter uitvind dat hy bande met die Ierse Republikeinse Leër het, besef sy dat geweld en gevaar oral aanwesig is. Droomboom is 'n verhaal van vergifnis en aanvaarding, en die helende krag van vriendskap en liefde. Net soos met haar vorige boek, Stillewe, neem Marie Spruyt met Droomboom haar lesers na die buiteland, hierdie keer met 'n ode aan Ierland. Die land se mites, legendes en volksverhale word deurlopend ingespan om atmosfeer te skep. Die boek ondersoek ook ons tuisland, dié wat besluit om dit te verlaat, en die gemengde gevoelens wat met daardie skuif gepaardgaan.

x