Skip to content

Liefdesverduistering (Paperback)

by Carien Punt
ISBN: 9781776055364
Product in Stock: Yes
Original price R 180.00 - Original price R 180.00
Original price R 180.00
R 180.00
R 180.00 - R 180.00
Current price R 180.00
Add to Wishlist
“...Dit is toe sy om die hoek van die systoep kom, dat sy hulle sien. Sy steek in haar spore vas. Ongeveer vyftien voet voor haar staan Gerhard en Hanna in ’n omhelsing. Dit voel asof haar bloed stol. Haar voete voel onnatuurlik groot en lomp, haar bene stokstyf. Daar is ’n suising in haar ore en sy raak skielik oorbewus van die koue sementvloer onder haar kaal voete. Hoe lank hunker sy nie nou al daarna dat hy haar weer so moet vashou nie?”

Vir ’n negentiende-eeuse boervrou is die opgewekte Lientjie besonder selfstandig en selfgeldend, maar die afgelope ruk maak Gerhard se afsydigheid en onredelikheid haar baie ongelukkig. Haar pogings om die gapende afgrond tussen haar en Gerhard te oorbrug werp geen vrugte af nie en laat haar net nog meer verwerp en stukkend voel. As hy boonop skielik meer liefdevol en besorgd teenoor hul buurvrou as teenoor haar begin optree, is dit ’n bitter pil om te sluk. Uit moedeloosheid neem sy ’n waaghalsige besluit - ’n besluit wat veroorsaak dat Nicolas Smith, ’n delwer wat die toeval oor haar pad gestuur het, ’n steunpilaar in haar gesin se lewe word...

x