Skip to content

Maryke se Sprokie

by Tosca de Villiers
ISBN: 9780620865111
Product in Stock: Yes
Original price R 200.00 - Original price R 200.00
Original price R 200.00
R 200.00
R 200.00 - R 200.00
Current price R 200.00
Add to Wishlist

Maryke, met haar vurige geaardheid en bos rooi hare weet maar alte goed ʼn tamatiekissie word nie ʼn sitkamerstoel nie. Sy het immers in die kinderhuis grootgeword. Haar eerste liefde, Gerhard, se ma het ook geen moeite ontsien om haar daaraan te herinner nie.

Die laaste ding wat sy op die vooraand van haar vertrek na Kigali nodig het, is die aantreklike dokter Leon Boshof wat haar kaarte deurmekaar krap. En haar verbied om koffie te drink! Nare ou wolf.

Maryke het haar loopbaan as internasionaal erkende fotograaf met harde werk en deursettingsvermoë gevestig en sy gaan hom nie toelaat om haar van koers af te dwing nie. Maar haar vennoot by die fotografieskool, keur Leon se aansoek om in Maryke se klas te wees, goed. Sy sal die man maar moet verduur.

Gaandeweg kom sy agter sy geniet Leon se geselskap en sien uit daarna om tyd saam met hom te spandeer.

Maar dit is net in sprokies waar die wolf sy rooikoppie betower - of dalk nie?

x