Skip to content

Olifant Op 'n Sweefstok (Paperback)

by Lelanie Roode
ISBN: 9781776172795
Product in Stock: Yes
Original price R 240.01 - Original price R 240.01
Original price R 240.01
R 240.01
R 240.01 - R 240.01
Current price R 240.01
Add to Wishlist
OLIFANT OP ‘N SWEEFSTOK

Olifant op ‘n sweefstok is so verfrissend soos ’n duik in jou gunsteling swembad op ’n snikhete somersdag. Hierdie dramatiese verhaal van ambisie en verraad, van groot droom en groter uitdagings trotseer, boei tot op die laaste bladsy – Jonathan Amid.

Die bekoring van die Olimpiese Spele dryf haar om ‘n roman te skryf met ‘n kinkel van misdaad, drama en aksie. Olifant op n Sweefstok is die eindproduk. Die lewe gooi Kyle drywend tussen twee trapezes met geen vangnet nie. Ansje veg vir Kyle se liefde terwyl swem hom opeis. Christoff, Bianca en Carla trek Martinette, die nuwe intrekker van die ou huis met die raaiselagtige Olimpiese swembad, die vriendekring in. Vlootkaptein Luke Maree seil met sy humor en sjarme die mengsel binne en lewens maak ’n tuimeldraai. Verraad gebeur wanneer geheime wat blootgelê moes word, stilgehou word. Impulsiewe besluite word geneem tydens intieme, ekstatiese vuurwerkoomblikke. Misdaad en verliefdheids-waansin se lyne is grys wanneer liefde bewys wil word.

Sosiale media is die kragtige instrument wat verwoesting of blits-roem bewerk. Met die jaagtog na Olimpiese plek, podium en glorie staan die wenners bo terwyl die verloorders sink. Swem meet in splitsekonde-slae terwyl liefde stadig of dringend in hartslae pols. Wat sal dit neem om die olifant op die sweefstok te konfronteer?
***

Lelanie Roode matrikuleer in 1988 aan Rustenburg Hoërskool in Noord-Wes Provinsie. Sy het swem,gimnastiek, af-seisoen netbal en ballet beoefen. Sy het vir Tukkies geswem, verwerf die BLC.LLB. (Hons) Kriminologie-grade en doseer op ad hoc basis by die Regsfakulteit Universiteit van Pretoria. Die keuse om haar vier kinders voltyds groot te maak skep die geleentheid vir ‘n jarelange droom om te skryf. Sy publiseer kinderboeke en ‘n roman: Poorte. Sy rig hoërskool swemmers smiddae af. Swem in die Coetzenburg swembad in Stellenbosch, haar tuisdorp, word weer ‘n gelukkige ruimte weg van die trauma van ‘n onlangse egskeiding.

x