Skip to content

Steelhou (Paperback)

by Riaan Marshall
ISBN: 9781776172641
Product in Stock: Yes
Original price R 260.00 - Original price R 260.00
Original price R 260.00
R 260.00
R 260.00 - R 260.00
Current price R 260.00
Add to Wishlist
Werkersklas woonbuurt Randgate aan die verre Wesrand is heg gebonde in hul onderdorp trots. Dit wat nie vanaf voorstoepe sigbaar of hoorbaar is van die bure nie, word gou bekend as skinderstorie. Eweneens 'n trotse gemeenskap wat ken van die lewe se opstoppers en klipharde lyfhoue. Mense wat nie sommer gaan le nie. Met deursettingsvermoe en ambisie gelouter uit ervaringe wat hom as bokser en mens brei, verrys Eddie Blignaut bo sy omgewing. Onder die afrigting van oom Ig stap Eddie 'n pad wat min beskore is - van oopgesig ysterseun tot rateltaai wereld bokskampioen. Eddie veg wereldwyd en wen teen die mees gedugte teenstanders: in Suid Afrika is sy naam huishoudelik, sy leefstyl die toonbeeld van welvaart. Van sportman tot sakeman, so berig die pers oor hom. Maar sy mees geslepe teenstanders kom uit sy tuisbuurt en familie. In afguns en jaloesie word hinderlae gestel, aantygings gemaak en lewens verpletter. Eddie se swakplekke en blinde kolle pooitjie hom stadig maar seker. Soos Ikarus vlieg hy te na aan die son. Eddie loop hom uiteindelik tromp-op vas in die grootste toets vir sy integriteit, een buite die bokskryt. Steelhou is 'n aangrypende verhaal vol patos wat ons opnuut herinner aan die mens se feilbaarheid en innerlike krag.

x