Skip to content

Om Jou te Ken

by Pan Macmillan South Africa
ISBN: 9781776250769
Product in Stock: Yes
Save 28% Save 28%
Original price R 180.00
Original price R 180.00 - Original price R 180.00
Original price R 180.00
Current price R 129.00
R 129.00 - R 129.00
Current price R 129.00
Add to Wishlist
Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar met hulle krullerige hare, hoe wangbene en vol lippe, en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword en al wat hulle nou in gemeen het, is die bloed in hulle are. Toe die matriekgroep van Barkley-Wes op 'n toer na Kaapstad vertrek, ontdek Gabby dat Georgia se dagboek in haar rugsak is. Hulle ma's het vir hulle identiese blou dagboeke vir hulle verjaarsdae gekoop, en hulle deel 'n kamer, so dit kon maklik gebeur het dat sy die verkeerde dagboek ingepak het. Dit beteken waarskynlik ook dat haar dagboek in Georgia se besit is. Kort voor lank kry Gabby se nuuskierigheid die oorhand en begin sy Georgia se dagboek lees. Wanneer Georgia daarvan uitvind, breek 'n volskaalse niggie-oorlog uit wat nie eens Kaapstad se besienswaardighede of hulle vriende se pogings om raad te gee, kan keer nie. Gaan Gabby se verraad die niggies nog verder uitmekaar dryf of sal dit dalk daartoe lei dat hulle mekaar beter begin verstaan?

x