Skip to content

Lindie Stander: Agter My Glimlag (Paperback)

by Lindie Stander
ISBN: 9780624093442
Product in Stock: Yes
Original price R 340.00 - Original price R 340.00
Original price R 340.00
R 340.00
R 340.00 - R 340.00
Current price R 340.00
Add to Wishlist
In 2012 verdwyn Binnelanders se geliefde Elise Kruger sonder waarskuwing van kykers se televisieskerms af. Lindie Stander, wat die rol van die vermaaklike Elise vertolk, was op die kruin van haar loopbaan toe sy in ’n bloedbevlekte bed in ’n staatshospitaal wakker word. Hier het sy besef dat sy haar rol en haar lewe soos sy dit ken, kwyt is.

Lindie Stander: Agter my glimlag is die eerlike ervaring van dit wat kykers nie op skerm sien nie: die verpletterende verlies van haar pa, haar worsteling met dwelmmisbruik en rehabilitasie, ’n lewe met depressie en ’n gewonde vrou se genadelose soeke na ’n liefde wat kan heelmaak. In haar bekende, deernisvolle stem vertel Lindie haar hartverskeurende, maar hoopvolle verhaal soos net sy kan: sonder skroom en met ’n goeie skeut humor.

x

x