Skip to content

Die Speletjie (Paperback)

by Celeste Slabber-Loriston
ISBN: 9781067234584
Product in Stock: Yes
Original price R 260.00 - Original price R 260.00
Original price
R 260.00
R 260.00 - R 260.00
Current price R 260.00
Add to Wishlist

Talia is in Graad 8. 13 amper 14 jaar oud. Sy is slim. Jy kan amper sê sy is ‘n superkind. Die enigste kind in haar familie — met ‘n binnehuisversierder-ma, argitek-pa, kunstenaar-ouma en ‘n oupa met OKV.

Dit is juis die slimheid wat haar en haar beste vriendin Nzingha, op Hoërskool Ruiterhof se Graad 8-akademiese toer neem.

Die toer begin by die grillerige Huis Fabergé met die vreemde eienaar, Vladlena. Die huis met ‘n toegespykerde deur, vreemde beeld in die voorportaal, en ‘n meisie met hartseer oë wat haar smeek om haar en haar ma te help.

Talia word deel van ‘n magiese wêreld waar sy ‘n veer, skulp, ster en diamant moet vind om die raaisel van die roossteen op te los.

En as sy sou misluk?

Dan sal die bose Ruslan en Vladlena almal vir altyd gevange hou in ‘n wêreld van illusies.
Wie is die meisie met die hartseer oë? En waarom het sy juis vir Talia gekies om haar te help?
Dalk is die vreemde skildery van Ouma, toegedraai in ‘n doek in Oupappa se garage, die antwoord op al die vrae.

x

x