Keerpunt (Paperback)
Zach Bauer se onverwagse terugkeer van ‘n missie vir die humanitêre organisasie, Dokters Sonder Grense, beduiwel Evie Ritter se hele bestaan. ‘n Jaar gelede het hy haar verpletter agtergelaat. Nou is hy terug; nog net so befoeterd, ontoegeeflik en aantreklik soos altyd.
Met sy terugkeer uit Soedan, is die sielsvrede waarna Zach smag die laaste ding wat hy by die huis vind. Evie se kruiedoktermuti’s en blote teenwoordigheid krap en skaaf aan hom en die emosionele skanse wat hy so netjies teen haar opgerig het, dreig om inmekaar te tuimel. Boonop onttrek Evie se hardloopmaat van hul reeds betaalde driedag-wedloop in die Maluti-berge en staan Zach teen wil en dank in as plaasvervanger.
- KEERPUNT is ‘n roman en ‘n uitvloeisel van die gewilde tienerboek HOL! (Naledi, 2022) en sluit HOL! se (nie-so-vervelige) hardloopgids in vir diegene wat daaraan dink om te begin draf, maar wonder hoe en waar om te begin.