Skip to content

Pote Venter En Die Fantasiese 4 (Paperback)

by Lourens Janse van Rensburg
ISBN: 9781997476429
Product in Stock: Yes
Original price R 240.01 - Original price R 240.01
Original price
R 240.01
R 240.01 - R 240.01
Current price R 240.01
Add to Wishlist
Juan-Lou, “Pote”, Venter is ’n nuuskierige seun van Parys wat nie daarvan hou om skoene te dra nie en ’n natuurlike aanleg het vir avontuur. Wanneer gerugte begin versprei dat katte in Boomstraat spoorloos verdwyn, vertel ’n klasmaat dat ’n ou heks al honderde jare lank Parys se katte vang en opeet.

Volgens die storie kan die heks in ’n reuse-weerkat verander.

Vasbeslote om die raaisel op te los, beplan die maats ’n ekspedisie na die spruit naby Boomstraat waar rook en vreemde geluide opgemerk is. Gewapen met ’n Zulu-spies, knoffel, silwer en ’n “heilige” verjaarsdagkersie, konfronteer hulle uiteindelik die sogenaamde heks. Die vriende leer ’n waardevolle les oor aannames, gerugte en moed. Wat begin as ’n donker misterie eindig in ’n warm, menslike waarheid — en ’n nuwe bondgenootskap met Tannie Kotie en haar katte.

x

x