Skip to content

Sprak of Sprook en Ander Gedigte (Paperback)

by Carine Janse van Rensburg
ISBN: 9780636184763
Product in Stock: Yes
Original price R 138.00 - Original price R 138.00
Original price
R 138.00
R 138.00 - R 138.00
Current price R 138.00
Add to Wishlist

In die gedig sprak of sprook waaruit die titel van hierdie bundel kom, betreur die digter dit dat ons dikwels so oppervlakkig met moderne kommunikasiemiddele werk. Eintlik “sprak ons dan geen sprook nie. Daarteenoor kan die studie en die fyn lees van gedigte ons weer die wonder van die woord laat beleef – die magiese spreke van die sprokie, maar ook die logika van die woord wat goed oorweeg en versigtig in ’n fyn net van verbande en assosiasies gespreek is. Sodoende maak woorde nuwe wêrelde binne die leser en daarbuite oop. Elke gedig in hierdie bundel kan ’n opwindende reis wees; is daar nie net iets van die bekende te leer nie, maar ook iets van die nog onbekende, streke van die menslike gees – ’n grootse reis wat die onuitputlike bron van die poëtiese woord bied. Met illustreerder Dale Blankenaar se eiesoortige en dikwels vermaaklike interpretasies van die tekste, kan hierdie byderwetse bundel elke leser inspireer om self vele sproke te spreek!

x

x