Dagboek Van 'n Wimpy Kid 20: Pretploert (Paperback)
Greg Heffley verpes verrassings – veral op sy verjaardag. Maar hy sou hom nooit die skokkende planne kon verbeel wat sy gesin hierdie jaar vir hom in gedagte het nie.
Wanneer Greg se partytjieplanne begin uitrafel, hoop hy nog sy verjaardagwens word waar – ’n gesogte ruilkaart wat ’n fortuin werd is. Die probleem is dat hy nie alleen is wat daarvan droom nie. Die kanse is skraal dat hy dit gaan opraap.
Gaan Greg se verjaardagdrome waar word? Of gaan hy leer om versigtig te wees waarvoor hy wens?