Skermslim: ‘n Gids vir Veilig Speel in die Digitale Ruimte (Paperback)
Welkom by die vierde industriële revolusie: waar diep-fop videos soos die waarheid lyk, jou horlosie jou vertel of jy ʼn goeie nagrus gehad het en jou beste pel ʼn KImetgeselbot is!
Skermslim: 'n Gids vir veilig speel in die digitale ruimte is die allerbeste gids vir amper-tieners om die wêreld te verken. Jy sal leer hoe om die harige-tuna-vis-man te vermy, om hondebollie-kuberboelies aan te meld en ‘n blaaskans te vat van verslawende toepassings.
Kom skaats deur die digitale ruimte met Nova, ʼn KI bot. Laat QR-kodes jou neem na prettige aktiwiteite en leer van ware stories oor skermskaatsers, nes jy, wat hier en daar die verkeerde paadjie met hul skaatsplank gevat het.
Opskud, die jongste tegnologie wag vir niemand nie!