Skip to content

My Verhaal Op Theuniskraal (Paperback)

by Rosette Jordaan
ISBN: 9781037001772
Product in Stock: Yes
Original price R 285.00 - Original price R 285.00
Original price R 285.00
R 285.00
R 285.00 - R 285.00
Current price R 285.00
Add to Wishlist

Rosette Jordaan (gebore Theron) het vyftig jaar gelede Theuniskraal toe getrek as jong vrou van Kobus Jordaan, een van die plaas se twee erfgename. Hierdie boek bevat grepe uit haar lewe op dié spogplaas in die Tulbagh-vallei – die fabelagtige “Land van Waveren” – waar van Suid-Afrika se beroemdste wyne gemaak word.

Dit vertel ook Theuniskraal se verhaal en die vallei se geskiedenis vandat Jan van Riebeeck se landmeter, Pieter Potter, dit besigtig het, en die eerste setlaars hul so dertig jaar later daar gevestig het. Amusant, interessant en soms ontroerend, dis ’n lekkerleesrelaas van ’n halwe eeu van lief, lag en leed op ’n besonderse Bolandse plaas.

Bowenal spreek dit van die skryfster se deernis vir haar gesin, Theuniskraal, al sy mense en diere, en haar hele gemeenskap.

x

x