Skip to content

Oomblik In Die Woord

by Raymond Lombard
ISBN: 9781049201290
Product in Stock: Yes
Original price R 649.00 - Original price R 649.00
Original price
R 649.00
R 649.00 - R 649.00
Current price R 649.00
Add to Wishlist

Die 'n Oomblik in die Woord – Eenjaar-Bybel neem jou op ’n geestelike reis van 365 dae deur die hele Bybel.
Elke dag se gedeeltes uit die Ou en Nuwe Testament is reeds vir jou uitgesit – van 1 Januarie tot 31 Desember – sodat jy die Bybel in een jaar, boek vir boek, sistematies kan deurlees.

Jy kan boonop saam luister na dr. Raymond Lombard wat die dag se gedeeltes voorlees.
Skandeer eenvoudig die QR-kode wat by elke dag verskyn, en luister terwyl jy lees – of sommer net terwyl jy besig is.
As jy die Woord sien én hoor, raak dit jou hart en verstand nog dieper.

Aan die begin van elke maand kry jy ook ’n tydlose, bemoedigende boodskap wat jou help verstaan waaroor die maand se tekste in die breë gaan.

Hierdie Bybel is allereers ’n lees-Bybel. Die teks is geneem uit die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se 2024-hersiene uitgawe van die 1953-vertaling. Jy sal opmerk dat name eenvoudiger gespel is en dat sekere ou woordgebruik vervang is om dit makliker verstaanbaar te maak. Tog bly dit getrou aan die oorspronklike vertaling.

Die Eenjaar-Bybel is vir elke gelowige wat ’n dieper verhouding met God begeer, vir gesinne wat saam ’n ritme van Bybellees en gebed wil vestig, en vir kleingroepe of gemeentes wat saam die Woord wil ontdek.

Jy reis nie alleen nie – duisende ander gelowiges is reeds saam met jou op hierdie pad deur die Bybel in een jaar!

8-Punt lettergrootte.

x

x