Skip to content

Die Lewe is 'n Reis Lank (Paperback)

by Cas Vos
ISBN: 9781997476276
Product in Stock: Yes
Original price R 345.00 - Original price R 345.00
Original price
R 345.00
R 345.00 - R 345.00
Current price R 345.00
Add to Wishlist

Die huidige werk is nie ’n samevoeging van Fragmente uit Die Ilias en Fragmente uit die Odusseia nie. Hierdie vertaling is ’n versvertaling wat presies aandui watter dele uit Die Ilias en Die Odusseia vertaal is. In hierdie noukeurige versvertaling is enkele dele van Die Ilias en boeke of dele van Die Odusseia uit Grieks vertaal om dit in eietydse gedigte te laat vloei.

Die versvertaling van die boeke van Die Odusseia is streng in ooreenstemming met die Griekse teks. Die resultaat is noukeurig, statig, ernstig, verhewe en verhalend. Sekere reëls van boeke van Die Ilias is ook gebruik en dit word by van die gedigte aangedui.
Hierdie versvertaling beoog om deur hartgrypende gedigte mense se handelinge in ons dag aan die kaak te stel. Die donker kante van menswees word nie verdoesel nie. Daar is talle versoekings op die lewenspad van die mens. Oorloë en magsbeheptheid bedreig die mens en die natuur se voortbestaan.

Die wonder van die liefde en vrede is die slot en hoogtepunt van Die Odusseia. Niks is immers heerliker as vrede en liefde nie. Mag vrede en liefde die lewens van mense in ons dag verryk. Die lewe is ’n reis lank en kom êrens in die toekoms tot ’n einde.’n Aantal gedigte oor persone wie se reis tot ’n einde gekom het, word hieraan gewy. Die gedig, “Die mens se lewensreis voltooi”, vorm die slot van die gedigte.

x

x