Skip to content

Geweld Teen Vroue dit is Tyd dat Mans Begin Praat (Paperback)

Original price R 260.00 - Original price R 260.00
Original price R 260.00
R 260.00
R 260.00 - R 260.00
Current price R 260.00
Add to Wishlist
Geslagsgebaseerde geweld teen vroue in Suid Afrika is onaanvaarbaar hoog Dit is n eeue oue probleem wat vroue alleen moes verduur en baie keer in stilte moes hanteer In die meeste gevalle is dit mans wat geweld in sy verskeie vorms teen vroue pleeg Ons as mans kan dit nie langer ontken of daaroor swyg nie Ons moet sonder omhaal ons eie aandeel aan die ontstaan van hierdie situasie erken Ons het vroue in vele opsigte gefaal

Aangesien geweld gedy wanneer omstanders niks doen nie, wil ons (as mans) onsself daartoe verbind om alle vorme van gedrag wat die waardigheid van vroue aantas aan die kaak te stel en ons daarteen te verset, ongeag of dit tuis, in die werksplek of in sosiale ruimtes voorkom

Die hoofdoel van die boek is om ‘n gesprek onder mans in Suid Afrika hieroor aan die gang te sit Die boek is die direkte gevolg van die #Oproep aan Alle Mans veldtog wat November 2022 van stapel gestuur is tydens die sestien dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders ..#Oproep aan Alle Mans veldtog daag mans uit om ernstig te besin oor hulle aandeel in die totstandkoming van hierdie geweldsituasies

x

x