Net Mooi Fine (Paperback)
Net mooi fine (2019) is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle boek C’est la Vie. Hierin beskryf sy die gebeure sedert die hotel-projek in Frankryk gefaal het; hoe sy die nuwe realiteite van haar eie gestroopte lewe te bowe moet kom terwyl sy ook die verwerende chateau moet probeer red of verkoop.
In die proses om vrede te maak met alles wat gebeur het, spandeer Lanie eindelose ure op die blou bank van haar sielkundige. Op haar pad na heling onderneem Lanie vele avonture. In hierdie ontroerende omstandighede ontstaan
die vraag: Wat is die somtotaal van verlies? En hoe groot is die wins wat verlies tot gevolg kan hê as jy bewustelik daarmee omgaan, sodat ʼn mens ten slotte kan sê: “Eintlik is alles Net mooi fine”?