Skip to content

Seuns Weet (Paperback)

by Frederick Botha
ISBN: 9781485316121
Product in Stock: Yes
Original price R 295.00 - Original price R 295.00
Original price
R 295.00
R 295.00 - R 295.00
Current price R 295.00
Add to Wishlist

In hierdie debuutkortverhaalbundel probeer ’n jong wit gay Afrikaanse man naam gee aan sy ervaring van seksualiteit, geloof, gesinslewe, selfaanvaarding, vriendskap, skrywerskap en die maatskaplike werklikheid.

Onder die oppervlak broei daar potensiële uitbarstings en katastrofes binne die verteller se wit middelklasbestaan, wat ’n onheilspellende onderbou aan die verhale verleen.

Seuns weet bied ’n vars blik op die hedendaagse samelewing vanuit die oogpunt van ’n komplekse vertellerkarakter wat onder verskeie soorte druk verkeer.

Die bundel is onverskrokke, maar terselfdertyd weerloos en broos. Dit is verhale oor ’n gewone familie waarmee die meeste lesers sal kan identifiseer. Terugblikke op ’n herkenbare kinderverlede uit die 1980’s en 1990’s word verweef met die wanorde van die hoofkarakter se hedendaagse, volwasse bestaan. Frederik de Jager skryf die volgende oor die bundel: “Afgesien van die ryk en deeglik georkestreerde inhoud van hierdie verhale moet ook genoem word hoe fyn en sensories die waarnemings is en hoe skerp die formulering daarvan is, dikwels ook hoogs komies.”

De Jager skryf verder: “As jy enige skrywer van formaat tot getuie roep, byvoorbeeld Koos Prinsloo, soos die skrywer van hierdie boek pertinent doen, beter jy kan stand hou langs jou getuie. Daarmee het hierdie werk nie ’n probleem nie. Dit is ’n literêre teks van agbare vaardigheid en impak, en ’n latter-day antwoord op Prinsloo. […] Eweneens sou ek ’n pleidooi wou maak dat Seuns weet as hoofstroomletterkunde van die hoogste orde gesien moet word.”

x

x