Slag van die Golf
’n Kragtige, emosioneel gelaaide verhaal teen die wilde en mistieke agtergrond van L’Agulhas.
• Ondersoek die menslike hart se soeke na liefde te midde van trauma, skuld en verlange.
• Liriese, beeldryke taal wat die leser ten volle in die wêreld van pyn en verlossing intrek.
• ’n Meesleurende storielyn wat aanklank sal vind by lesers van sielkundige rillers, familieverhale en literêre fiksie.
Slag van die Golf vertel van gebroke nalatenskappe en onrusbarende geeste. Aan die suidpunt van Afrika, waar die oseaan teen die kranse bots, staan Stoffel Barnard se groot wit huis – ’n stomme getuie van dekades se geheime, seer en sondes. Aluné, vasgevang in die kloue van ’n generasie vloek en ’n liefde wat haar verteer, vind haarself op die rand van ondergang. Terwyl die waarheid soos ‘n gety styg, en die verlede nie langer stilbly nie, roep die dooies om geregtigheid.
Tog bly liefde die fyn draad wat alles verbind – meedoënloos, maar vol waarheid.