Smelt (Paperback)
Dave Pepler is 'n ekoloog. As akademikus het hy aan die Universiteit Cambridge studeer, by die Universiteit Stellenbosch klasgegee tot 2024 en sy navorsing oor roofvoëls internasionaal gepubliseer. As omgewingskonsultant konsultant het hy regoor Afrika gewerk, en later, as spesialis-toergids, regoor die aarde.
Latere navorsing het indringerspesies, droeëland-bosbou en probleemdier-bestuur ingesluit. Onlangs het sy werk meer filosofies ontwikkel met bydraes in akademiese boeke oor ekologie en moraliteit asook geweld teenoor die natuur.
Pepler het 'n aantal toekennings ontvang, onder andere die Molteno-medalje, die Stevenson Hamilton-toekenning, van die Soologiese Vereeniging van Suid Afrika, die Suid Afrikaanse Habitatraad se lewenstoekenning asook die Orde van die Berghaan van die Suid Afrikaanse Jagtersvereeniging.
Smelt is 'n versameling tekste uit 'n lang loopbaan. Sommige tekste is histories van aard en het elders verskyn, maar hierdie vesameling beskou hy as 'n repositorium van sy beste werk.
Die bundel bestaan uit 8 hoofstukke wat vroeë gewaarwordings, tekste uit die die tydskrif Insig, reisverhale, stories oor parfuum, en kort biografië oor lewensgewende vriende insluit.