Sprokies wat Leef! (Paperback)
Is mense nie maar soos waterdruppels wat maats maak, saamleef en dan weer deur die lewe van mekaar verwyder word nie? Die sprokies in hierdie boek bied vir ouers en hulle kinders die geleentheid om oor lewensvrae te gesels en saam in hulle gedagtes te speel.
In Kabouterland is Dokter Wallie die slim kabouter wat die hele dorp leer hoe om met mense wat moedswillig is, te werk. Elkeen van ons moet dit leer, en hierdie sprokie skep die geleentheid om te gesels en te kuier oor die belangrike beginsel van moedswillige mense.
Dit leer die kind om te luister en sy verbeelding in te span om die wêreld van die sprokie in ‘n gedagtevlug te sien.
Dit is wat die kind se brein moet oefen om fiks te word vir die lewe wat voorlê.
’n Tweeling wat na hulle pa gaan soek, wat in ’n oorlog veg, help ouers om kinders te leer hoe ons dapper moet wees en altyd moet vashou aan wat reg is – al het ons die mag om te doen wat verkeerd is.
Sprokies wat Leef is presies dit waarna ouers soek om hulle kinders in sprokiesland te ontmoet en toe te rus vir die werklike lewe. Dis die soort sprokies wat die kind sal vra om weer te hoor – dalk weer en weer.
Die sprokies is uiters geskik vir kinders in die ouderdomsgroep tussen vier en twaalf jaar.