Skip to content

Whitey: Sakereus van Shoprite (Afrikaans Edition) (Paperback)

by Niel Joubert
ISBN: 9780624089186
Product in Stock: Yes
Save 15% Save 15%
Original price R 330.00
Original price R 330.00 - Original price R 330.00
Original price R 330.00
Current price R 280.50
R 280.50 - R 280.50
Current price R 280.50
Add to Wishlist
Whitey Basson, een van SA se mees suksesvolle sakeleiers, word deur sy eweknieë beskryf as “geniaal”. Whitey het ’n legende geword toe hy, in SA se beroemdste oorname, die sukkelende OK Bazaars vir een rand gekoop het. In dié gemagtigde biografie vertel die bekroonde sakejoernalis Niel Joubert die volle storie van Whitey se opkoms en fabelagtige sukses. Van ’n paar klein winkeltjies, gewaardeer teen R1 miljoen, het hy Shoprite in Afrika se grootste kleinhandelaar omskep – en die 35ste grootste kleinhandelaar in die wêreld. Ná jare se navorsing, en baie ure in gesprek met Whitey self, herskep Joubert Whitey se kleurryke lewe, van sy seunsdae op die plaas buite Porterville via Pep Stores tot Shoprite.

Nadat hy Grand Bazaars, Checkers en OK Bazaars oorneem, bereik Whitey uiteindelik sy groot mikpunt: om Pick n Pay verby te steek. In die proses het hy SA se grootste private werkgewer geword en welvaart geskep vir tallose Suid-Afrikaners. ’n Hoogs leesbare en inspirerende sakestorie.

x