Skip to content

Ter Wille Van (Paperback)

by Madelie Human
ISBN: 9781779881021
Product in Stock: No
Save 10% Save 10%
Original price R 300.00
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
Current price R 270.00
R 270.00 - R 270.00
Current price R 270.00
Add to Wishlist

PRE-ORDER NOW! The estimated release date is 3 March 2026. Please note your complete order will only ship once the Pre-Order item becomes available.

Die man met wie Danika vir ’n baie kort rukkie dolgelukkig was, het in ’n vreemdeling ontaard. Sy verloor haar baba nadat hy haar aanrand, en jare later worstel sy steeds om te herstel. Sy skryf jeugboeke en doen vrywillige werk by die neonatale afdeling van ’n hospitaal om die honger na haar eie kind te stil.

Malan verloor sy swanger vrou in ’n motorongeluk. Die medici kon hul tweelingbabas red, maar nie vir haar nie. Hy verkeer in skok en dat hy nou alleen na sy pasgebore babas moet omsien voel vir hom onwerklik. Maar hy sien hoe liefdevol Danika die babas by die hospitaal behandel en vra haar om hom met die versorging van sy dogtertjies te help. Sy verloor haar hart op hulle en toe Malan se skoonouers dreig om voogdyskap oor die kinders te verkry, stel Malan se prokureurvriend ’n gerieflikheidshuwelik voor ter wille van die kinders.

Maar Danika sukkel om weer ’n man in haar hart en lewe toe te laat, en Malan voel dat hy ontrou aan sy oorlede vrou is. En toe Danika se eks in die tronk vermoor word, word sy van die moord verdink wat dinge verder kompliseer.

Hul beste vriende vind na twintig jaar weer geluk, maar kan Danika en Malan hulle verlede ontsnap en hierdie tweede kans op geluk aangryp?

x

x