Voor Dit Te Laat Is (Paperback)
Ná ‘n geheimsinnige operasie in Simonstad word ‘n Suid- Afrikaanse akademikus in België opdrag gegee om betrokke te raak by ‘n joernalis uit Belarus. Sy is mooi, briljant, en waarskynlik ‘n spioen.
By die Europese Parlement kruis Lex de Lange se pad ook met dié van Alina, ‘n tolk uit Oekraïne. Hulle raak verstrengel in ‘n dodelike spel van geheime, verraad en begeerte. Met oorlogswolke wat saampak en toenemende konfl ik tussen Rusland en NAVO, is die wêreldorde op ‘n mespunt gebalanseer. Moeilike keuses oor lojaliteit, liefde en die lewe moet geneem word.
Voor dit te laat is.