Skip to content

God Se Droom

by Wordsworth Books
ISBN: 9781770096967
Product in Stock: Yes
Original price R 130.00 - Original price R 130.00
Original price R 130.00
R 130.00
R 130.00 - R 130.00
Current price R 130.00
Add to Wishlist
Die Nobel Vredespryswenner, Desmond Tutu, reik in hierdie boek, met sy inspirerende boodskap van liefde en vergifnis, in warm en eenvoudige woorde na kinders dwarsoor die wereld uit "Liewe kind van God, waaroor droom jy in jou mooiste drome? Droom jy dat jy vlieg: hoog oor reenboe wat dwarsoor die hemel span?" Aartsbiskop Desmond Tutu het die Nobelprys vir Vrede in 1984 ontvang vir sy lewenslange toewyding aan die stryd om gelykheid, geregtigheid en vrede in sy geboorteland, Suid-Afrika, te bewerkstellig. Hy was ook vanaf 1986 tot 1996 die aartsbiskop van Kaapstad, in Suid-Afrika. In 1995 het die voormalige Suid-Afrikaanse president, Nelson Mandela, hom gevra om die Waarheids- en Versoeningskommissie te lei. Hierdie kommissie het 'n model geword vir nasionale versoening en saambestaan. Aartsbiskop Tutu is tans die voorsitter van die Elders, 'n internasionale groep wereldleiers, vryheidsaktiviste en voorstanders van menseregte wat die opdrag het om te help om konflik te beeindig en wereldwye probleme op te los (www.TheElders.org). Sy mees onlangse boek is: God Has a Dream: A Vision of Hope for Our Time. Wereldwyd speel hy steeds 'n belangrike rol as spreekbuis vir vrede en versoening. Die aartsbiskop woon in Suid-Afrika saam met sy vrou Leah en hulle het vier kinders en sewe kleinkinders. Douglas Carlton Abrams is mede-outeur van aartsbiskop Desmond Tutu se boek God Has a Dream: A Vision of Hope for Our Time. Die vele boeke uit sy pen is in meer as twee dosyn tale vertaal. Hy is medestigter van die Idea Architects, 'n ontwikkelingsagentskap vir boeke en media wat met visionere outeurs saamwerk ter bevordering van 'n wyser, gesonder en regverdiger wereld. Douglas Carlton Abrams woon saam met sy vrou en hulle drie kinders in Kalifornie.

x