Skip to content

Op 'n mooi dag

by Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781485904434
Product in Stock: Yes
Save 44% Save 44%
Original price R 300.00
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
Current price R 169.00
R 169.00 - R 169.00
Current price R 169.00
Add to Wishlist
Met Louw Roodt se verdwyning na 'n werkgeselligheid word Kristien Liebenberg se grootste vrees bewaarheid: Haar lewensmaat kom nie huis toe nie. Was Louw in 'n ongeluk, het sy 'n affair, is sy ontvoer, aangerand, of erger, in die sandduine en bosse van die Kaapse Vlakte vir dood agterge laat? Of het dit met hulle groot bekgeveg die oggend te doen? Toe breek die nuus van 'n man wat in 'n Kaapse hotel vermoor is. Die selfde hotel waar Louw was. Dieselfde aand as wat sy verdwyn het. Dieselfde man wat vroeer die dag die gasspreker by haar werk was. Het Louw iets met die moord te doen en vlug sy nou? Die polisie dink so. Of hou die verdwyning verband met haar ma wat een-en-twintig jaar gelede voor hulle huis in Tamboerskloof met motor en al gekaap is? 'n Voorval wat vir Louw 'n groot sielkundige knou gegee het. Deur al die vrae en groeiende paniek, weet Kristien Louw is in die moeilikheid en sy moet haar red.

x