David Walliams 3-in-1 Box Set: Afrikaans Edition (Paperback)
Die Tandeterroris
Die dorp word bedreig. Vreemde goed gebeur in die middel van die nag. Kinders sit slapenstyd ’n tand vir die tandfeetjie onder hulle kussing, en soggens word hulle wakker en kry … ’n dooie slak, ’n lewendige spinnekop, honderde oorkruipers wat onder hulle kussings kriewel en krioel. Daar is bose magte aan die werk. Maar wie of wat sit daaragter?
Oupa Ontsnap
Baie jare gelede was Oupa 'n bobaasvlieenier in die Tweede Wereldoorlog. Maar sedertdien is hy na die ouetehuis Twilight Towers toe gestuur waar die onheilspellende matrone Swine die septer swaai. Oupa en sy kleinseun, Jack, moet 'n waaghalsige plan beraam om te ontsnap. Min weet hulle dat die bose matrone hulle fyn dophou ...
Aaklige Ant Alberta
Stella Saxby is die enigste erfgenaam van die Saxby-landgoed. Maar aaklige ant Alberta en haar reuse-uil sal enigiets doen om dit by haar af te vat. Gelukkig het Stella ’n geheime – en effens spokerige – wapen …