Ten Slotte (Trade Paperback)
Eben Etzebeth is bekend as een van die hardebaarde van rugby. Met meer Springbok-toetse as enige ander speler, het hy al menige houe uitgedeel én ontvang. Maar hy het ook sy pad in die harte van Suid-Afrikaners gevind met sy veggees en "gee-nooit-op" houding.
In Ten Slotte gaan Etzebeth sy leërskare aanhangers verder verras en verheug. Dis ’n eerlike en ontwapenende weergawe van sy vroeë dae – toe hy nie eens die A-span op hoërskool gehaal het nie – tot sy 13 jaar en 131 toetse as slot in die groen-en-goud trui.
Ten Slotte is veel meer as net ’n samevatting van wedstryde. Etzebeth deel sy sterk belangstelling in strategie en afrigting, die kwotastelsel en leierskap, en die rol wat die Springbokke speel in die vereniging van Suid-Afrika. Hy gee ook waardevolle insigte oor baie van sy spanmaats, veral sy noue band met Siya Kolisi, asook oor sommige van sy teenstanders.
Etzebeth skroom nie om omstrede sake aan te spreek nie, en hy gee sy weergawe van die 'Langebaan-insident' wat byna sy insluiting in die span in 2019 ontspoor het.
Hierdie is die inspirerende verhaal van ’n man wat van voor af gelei het en teen die beste in die wêreld gespeel het.