Skip to content

Dink Soos 'n Miljarder: Geheime van 'n Suksesvolle Suid-Afrikaanse Entrepreneur (Afrikaans Edition) (Paperback)

by Daniel Strauss
ISBN: 9780624090311
Product in Stock: Yes
Save 30% Save 30%
Original price R 320.00
Original price R 320.00 - Original price R 320.00
Original price R 320.00
Current price R 224.00
R 224.00 - R 224.00
Current price R 224.00
Add to Wishlist
Baie dinge het die afgelope paar eeue verander. Jy hoef nie meer ’n koninklike te wees om suksesvol te wees nie. En jy kan ondenkbare rykdom in ’n enkele leeftyd versamel. Die meeste mense weet eenvoudig nie hoe nie.”

Jy is waarskynlik reeds ’n entrepreneur. Of jy droom daarvan om een te wees. Jy wil jou eie onderneming besit en jou eie baas wees.

Daniel Strauss, die Strauss in die beleggingsonderneming Stocks & Strauss, is sy eie baas, maar dit was nie altyd die geval nie. Tydens sy grootwordjare was hy daarvan oortuig dat die rykes slimmer is of oor vaardighede of kennis beskik wat gewone mense nie kan bekom nie. Maar op ’n dag het ’n toevallige ontmoeting met ’n miljardêr-entrepreneur hom laat besef dat ‘die rykes’ eintlik ‘normale mense’ is, net soos hy. Die verskil is dat die geldloses wat skatryk word, weet hoe om bó die lyn te dink. Hulle het die ingesteldheid van ’n miljardêr.

In Dink soos ’n miljardêr verduidelik Daniel wat dit beteken om hierdie lewensveranderende nuwe ingesteldheid aan te neem. Hy deel sy geheime tot sukses, insluitend hoe om toegang tot kapitaal te verkry, waar om die regte mense te vind om jou te help om jou doelwitte te bereik, en hoe om jou gedagtes van selfopgelegde beperkings te bevry, sodat jy ook soos ’n miljardêr kan dink – en uiteindelik – een kan word.

x