Skip to content

Nic van Wyk-Brood & Botter: 'n Lewe van Kook

by Human & Rousseau (Pty) Ltd
ISBN: 9780798183253
Product in Stock: Yes
Original price R 425.01 - Original price R 425.01
Original price R 425.01
R 425.01
R 425.01 - R 425.01
Current price R 425.01
Add to Wishlist
In sy eerste kookboek neem Nic van Wyk, voorste Kaapse sjef en geliefde Kokkedoor-beoordelaar, ons op sy kosreis van 21 jaar, sy kulinêre mondigwording: van onthoukos uit sy kinderdae waar die kossaadjies geplant is, na nostalgiese restaurantgeregte met ’n kinkel, tot by sy hartskos sy aardse gunstelinge.

Die boek herinner aan Kook en geniet, met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte ’n stappie verder:onthoukos soos groenbone met witpepersous, dik plaasbotter en nat geelvetbiltong op witbrood, Ouma Liena se boontjiesop, mieliepap met botter, suiker en melk – om maar ’n paar lusmakertjies uit sy kinderdae te noem.

Sy onopgesmukte restaurantkos gaan jou verras met dieplekker geurkombinasies wat die smaakkliere laat water en sy hartskos weerspieël sy voorkeur vir eerlike kos sonder fieterjasies.

’n Boek wat defnitief in elke Suid-Afrikaanse huishouding hoort – geniet dus die reis!

x