Skip to content

Koesterkos (Trade Paperback)

by Frik de Jager
ISBN: 9781067234911
Product in Stock: Yes
Original price R 325.00 - Original price R 325.00
Original price
R 325.00
R 325.00 - R 325.00
Current price R 325.00
Add to Wishlist

Na die sukses van Frik se eerste kookboek: StorieKos – op reis na resepte, waarin hy stories en resepte van regoor die wêreld met ons deel, volg hy dit op met sy tweede boek:
Koesterkos – resepte uit ons ma’s se kombuise.
Met Koesterkos nooi Frik jou uit om saam met hom te blaai deur onder andere sy ouma Lenie en moeder Hermana se handgeskrewe resepteboeke.
Weereens neem hy die leser op ‘n kulinêre reis met ‘n skatkis van resepte wat dateer vanaf 1914 tot ongeveer 1989, geregte wat 75 jaar se Suid-Afrikaanse kostradisies en kookprosesse reflekteer.
Hy onthou en koester van sy gunstelingdisse uit sy grootwordjare as kind en kyk ook na nuttige wenke vir die huisvrou van daardie era.
In die laaste hoofstuk het hy ‘n groep vriende genooi om hul kosherinneringe en gunstelingresepte uit hul moeders se kombuise met ons te deel.
Daar is bydraes deur o.a. Antoinette Pienaar, Amore Bekker, Amanda Strydom, Eldaleen Hugo, Elzabè Zietsman, Gielie Hoffmann, Jannie du Toit, Kobus Burger, Lizz Meiring, Michèle Meyer, Neels van Jaarsveld, Pieter van Zyl en Veronique van Heyningen Pieterse.
Verlang jy ook na die kuiers om die kombuistafel in jou ma se kombuis … en koester jy steeds daardie koservarings wat jy saam met haar en jou familie en vriende gedeel het?
Dan sal Koesterkos jou hart weer laat huppel en sing en dans!

x

x