Skip to content

Onthoukos: Ouma Se Treffers Vir Vandag Se Kombuis (Paperback)

by Tiaan Langenegger
ISBN: 9781432311537
Product in Stock: Yes
Original price R 360.00 - Original price R 360.00
Original price R 360.00
R 360.00
R 360.00 - R 360.00
Current price R 360.00
Add to Wishlist
Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare 'n droom om sy eie kookboek te he. Vandat hy op dertienjarige ouderdom Jamie Oliver se eerste kookboek, The Naked Chef, gesien het, het hy geweet dit is wat hy ook wil doen - hy wil met kos werk en 'n seleb wees - dis nou voordat hy besef het wat laasgenoemde regtig behels! Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme Tiaan onthou, Tiaan kook en Tiaan proe op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en so is die idee vir sy eie kookboek gebore. Dit is geinspireer deur sy ma en ouma se kos, en dis baie anders as wat hy jare gelede gedink het dit sou wees: Dit is meer back to basics. Hy deel ook resepte wat hy deur die jare geleer maak het waar hy in verskillende bekende restaurante gewerk het, waaronder Le Quartier Francais op Franschhoek en Overture op Stellenbosch.

x