Die Aarde Skeur
Original price
R 240.01
-
Original price
R 240.01
Original price
R 240.01
R 240.01
R 240.01
-
R 240.01
Current price
R 240.01
Die verhaal speel af in 1969 in die rustige skilderagtige dorpie, Tulbagh, toe ? aardbewing wat 6,3 op die Richterskaal registreer, tydens die nag van 29 September die dorp tref.
Alhoewel mense in hul daaglikse werklikheid verdiep is, ruk die aardbewing almal tot stilstand en bring hulle tot ? keerpunt in hul bestaan.
Die aarde skeur als uit mekaar, maar tog vind dit ? manier om die mense nader aan mekaar te bring. Te midde van die krisis moet die karakters kies wat werklik vir hulle saak maak. Die verhaal is geinspireer deur ware gebeure soos die aardbewing in Tulbagh, die mees vernietigende in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit bevat nie werklike name en biografiese gebeure nie, maar wel die skrywers se subjektiewe interpretasie daarvan.
Die leser word geraak deur die moed en deursettingsvermoe van die mense in hierdie area, die persoonlike ervarings deur aardbewing-slagoffers in ? baie gespanne tyd in Suid-Afrika. Die Dentons is nie verniet ervare filmmakers nie; daar word beplan om 'n film van die boek te maak.