Skip to content

Vertellings Uit die Vergetelheid: Die Opkoms en val van Bophuthatswana (1977 tot 1994) (Paperback)

by Danie Schoeman
ISBN: 9781991256386
Product in Stock: Yes
Original price R 275.00 - Original price R 275.00
Original price R 275.00
R 275.00
R 275.00 - R 275.00
Current price R 275.00
Add to Wishlist
Namate Suid Afrika se vooruitsigte toenemend desperaat raak, word die konvensionele siening dat die apartheidsjare van die vorige eeu net skande, armoede en wanhoop gebring het dikwels bevraagteken. Vandag se inwoners, navorsers, en politici verdien om te weet wat werklik sommige van die gedagtes, uitdagings, suksesse en mislukkings van daardie tyd was.

Hierdie boek handel oor Lukas Mangope wat apartheid verafsku het en menswaardigheid en rasseharmonie in die Republiek van Bophuthatswana bevorder het. Hy en sy land is internasionaal as 'n ongewensde produk van apartheid, gebrandmerk. Tog het die land 17 jaar van opwindende tye met suksesse en prestasies vergelykbaar met die beste in Afrika opgelewer. Die boek is deurspek met feite, staaltjies en geite om die leser binne konteks te plaas en die aandag te boei.

Tydens veelparty onderhandelinge vir die nuwe Suid Afrika is die drie pilare wat Mangope as ononderhandelbaar beskou het, naamlik demo- krasie wat tot 'n federale bedeling lei, 'n verbintenis tot die vrye mark as bolwerk teen kommunisme en die erkenning van groep identiteite, op die altaar geoffer.

Wat kan ons hieruit leer?

x