Skip to content

Suurlemoen!

by Jaco Jacobs
ISBN: 9780799342352
Product in Stock: Yes
Original price R 220.00 - Original price R 220.00
Original price R 220.00
R 220.00
R 220.00 - R 220.00
Current price R 220.00
Add to Wishlist
Suurlemoen! is 'n boek propvol humor en tiener-intriges. Dit is 'n lekker ontspanningsoek wat mens met die ligte trant bekoor waarmee dit geskryf is. Die inhoud is bekend, maar wat die boek 'n onvergeetlike leeservaring maak is die nuwe manier waarmee dit aangebied word.

Die verskillende mediums wat deur Jaco Jacobs gebruik word in hierdie boek is 'n welkome verandering van die gewone tienerverhaal. Die visuele elemente komplimenteer die teks op elke moontlike geleentheid. Die einde word slegs deur die verskillende mediums bewerkstellig en alhoewel dit moontlik vir sommige lesers nie bevredigend genoeg sal wees nie, is dit steeds 'n innoverende manier om die boek te eindig. In hierdie geval is dit werklik so: "A picture is worth a thousand words."

Die verhaal begin met 'n humoristiese insident met lipstiffie en Mozart. Dit lei tot die ontstaan van die vier hoofkarakters, Tiaan, Zane, Bongani en Liezl, se band. Zane, soos Tiaan hom beskryf, is die moeilikheidmagneet wat baie vinnig verlief raak. Hy is spontaan en gee glad nie om as al die aandag op hom is nie. Bongani aan die ander kant is 'n karakter wat glad nie nonsens vat nie en die rigting aangee vir die band net soos sy die pas aangee op die tromme. Liezl is die slim en mooi meisie met die goue stem wat Tiaan en Zane se voete onder hulle uitslaan. Tiaan is weer effens skaam met 'n romantiese streep en 'n passie vir foto's en Post-It-Plakkers. Tiaan het ook 'n meer kreatiewe kant as Zane en vind dit moeiliker om oor sy emosies te praat. Dit alles saam is 'n resep vir moeilikheid en liefde.

Tiaan is die interne verteller en fokalisator. Dit maak dit moontlik om al die foto's en plakkers te gebruik aangesien die skrywer hierdie metode gebruik om Tiaan se gedagtes bekend te maak. Dit bevorder ook identifikasie tussen die tienerleser en die karakter van Tiaan. Tiaan is die gemiddelde ou met die mal vriend wat al die aandag kry. Hy en sy beste vriend wil soos alle tieners 'n band begin en dieselfde meisie hê. Die situasies in die boek is iets waarmee tieners werklik te doen kry en daarom kan hulle met hierdie karakter op 'n persoonlike vlak identifiseer. Tiaan word uitgebeeld op verskeie maniere sonder om dit oordrewe of selfbehep te laat lyk.

Die skoolruimte wat in die boek gebruik word is nog 'n element waarmee die tiener kan identifiseer. Die skool-politiek wat na vore kom in die karakters soos Frik Venter, Cecile en Linette, maak die ruimte geloofwaardig en interessant. Randkarakters soos hierdie gee ook 'n dieper kykie in die skool-dinamiek en soeke na aanvaarding en populariteit uit wat tieners daagliks ervaar.

Saam met die ruimte en karakters speel die taal en veral humor 'n groot rol in die verhaal. Die taal is op die tienervlak. Engelse woorde word wel gebruik, maar soos die gemiddelde tiener dit sou gebruik, dit is egter funksioneel sonder dat dit wemel van slang woorde wat geen gewig dra nie. Die humor word op so 'n manier geïnkorporeer in die verhaal dat dit op die kritiese oomblikke gebeur wat nie net spanning verlig nie, maar ook die boek 'n ligter toon gee. Wat die humor nog meer genotvol maak is dat dit reg deur die hele boek loop en nie net losstaande insidente is nie. Mens verwag met hierdie karakters dat iets skreeusnaaks gaan gebeur, en dit gebeur weer en weer. Dit klink dalk nie realisties om 'n skool se radiostasie gyselaar te hou nie maar alles is moontlik op hoërskool. Tipiese gebeure soos die rumoer kompetisie en die liefdesdriehoek is meer tradisioneel en dus ook vanselfsprekend geloofwaardige gebeure waarmee die tiener kan identifiseer. Wat hierdie normale gebeure kleur gee is hoe die karakters die situasies hanteer.

Suurlemoen! is 'n lekker boek vir die tiener en selfs vir volwassenes wat wonder wat in die tienerwêreld aangaan of vir die leser wat 'n boek net wil geniet.

x