Skip to content

Zackie Mostert(18) en die skreeusnaakse plan

by Jaco Jacobs
ISBN: 9780799397826
Product in Stock: Yes
Original price R 149.99 - Original price R 149.99
Original price R 149.99
R 149.99
R 149.99 - R 149.99
Current price R 149.99
Add to Wishlist
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends ...

Zackie Mostert en die skreeusnaakse plan. Maak gereed om te ROL VAN DIE LAG! 'n Nuwe TV-kanaal vir kinders hou 'n groot talentkompetisie. Wie kan die snaaksste grappe vertel en die gehoor laat skaterlag? Die wenner kry 'n kans om op TV te verskyn! Zackie en Vincent kan nie wag om deel te neem nie. Hulle is immers briljant daarmee om grappe te vertel - en hulle gaan die snaaksste grappe op die hele planeet (of ten minste in Granaatstraat) probeer uitsnuffel! Maar Anton is vasbeslote om ook aan die kompetisie deel te neem. En hy gaan seker maak Zackie en Vincent staan nie 'n kans om te wen nie …

'n Humoristiese, toeganklike reeks boeke geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.

x